30 Januarie 2016

Ek was baie skepties om aan te sluit, maar dit was die beste keuse wat ek ooit gemaak het.

Ek en my tans verloofde het so middel Des 2014 begin gesels.

Ons het baie van mekaar se geselskap gehou, en Maart 2015 het ons mekaar werklik ontmoet en net besef dat ons mekaar beter wil leer ken.

Ons het baie moeite gedoen want ons woon ongeveer 500km van mekaar af. Maar ons het nie dat die afstand in ons pad staan nie.

So het ons maar heen en weer gekuier. En ons liefde het net al meer gegroei.

Op 14 Jul is ek die ja-woord gevra, en sonder om te skroom, ja geantwoord.

En vandag oor 'n week is dit die Groot dag.

Ek en my verloofde glo dat God ons deur hierdie webtuiste na mekaar toe gelei het, want ons het al twee baie hard vir ons Godgegewe lewensmaats gebid.

God het moderne tegnologie gebruik om ons by mekaar uit te bring.

Baie dankie vir julle wonderlike diens.

Alle sterkte vir die toekoms.

Ronel