Aanlyn Afsprake Veiligheid

3 Maart 2010

Jy het die kans gewaag en 'n aanlyn profiel geskep... (As jy dit nog nie gedoen het nie, waarom wag?) Wat nou? Sit en wag vir die boodskappe om in te stroom of gaan soek, dis jou keuse. Wat ookal jy kies, hier's 'n paar praktiese wenke oor veiligheid om te oorweeg.

Aanlyn vlerksleep en afsprake is glad nie anders as afsprake van aangesig-tot-aangesig nie, dis net baie veiliger en makliker as jy dit reg doen. Meeste van die 'reëls' is bloot gesonde verstand. Jou ma was waarskynlik reg - jy hoef dit net nie te erken nie.

Skep Die Regte Indruk
Maak seker dat jou profiel nie misleidend is nie. Skep die verkeerde indruk en jy sal verseker die verkeerde of geen reaksie uitlok.

Dink Oor Wat Jy Sê
Wanneer jy 'n ander lid vir die eerste keer kontak of 'n boodskap antwoord, dink oor wat jy sê. So verleidelik as wat dit is om jou hand op die sexy boud van 'n vreemdeling te sit by 'n partytjie sal jy dit waarskynlik nooit doen nie. Moet dit ook nie aanlyn doen nie, tensy daar natuurlik in groot skrif staan 'Vat Aan My!'.

Persoonlike Besonderhede
Die beste ding omtrent aanlyn wees is die veiligheid en privaatheid wat dit jou bied. Wees net versigtig! Moet verkieslik nie jou persoonlike besonderhede uitgee wanneer jy mense begin kontak nie. Bou eers 'n bietjie wedersydse vertroue op. Hou jou van, telefoonnommer, e-posadres, werksplek en presiese familie geskiedenis vir eers privaat tot jy gereed is om dit te deel.

Moenie In 'n Blik Gedruk Word Nie
Pasop vir mense wat jou in 'n blik wil druk om jou persoonlike besonderhede te gou en te gereeld vir hulle te gee. Wag ook 'n bietjie met die van aangesig-tot-aangesig ontmoetings tot jy gereed voel.

Ongeruimdhede
Hou 'n ogie op veranderinge in die inhoud en styl van boodskappe wat jy ontvang. As Mnr. Liefdevol skielik soos Mnr. Testosteroon op steroïede begin klink is dit 'n beter idee om hom uit te los en eerder aan te beweeg.

Ontmoetings Van Aangesig-Tot-Aangesig
Dis die groot een! Julle het boodskappe uitgeruil, lekker geklets en is gereed om die groot stap te vat en mekaar van aangesig-tot-aangesig te ontmoet. Jy mag dalk jou broer van die weermag saam wil vat om te sorg dat jy veilig is maar jou afspraak sal waarskynlik senuweeagtig word of wie weet, hom bo jou verkies!

Maak seker dat julle eerste paar ontmoetings in publieke plekke is, gedurende etenstye as jy kan. As jy 'n selfoon het vat dit saam en reël vooraf dat iemand jou bel gedurende die afspraak. Vertel vir mense waar jy gaan wees en maak vooraf planne vir na jou afspraak - moenie gevang word met "so wat maak jy na ete?" nie. Hou jou antwoord gereed. Moenie jou huis- of werksadres uitgee nie en moenie swig onder druk nie.

En ouens, hierdie is ook op julle van toepassing. Die kanse om deur 'n vrou uitgebuit te word is minder, maar moenie misgereken word nie.

Belangrikste van alles, ontspan, geniet dit en hou dinge veilig.