JakkalsJakkals
2

Jakkals

39 – Bultfontein, Vrystaat, Suid-Afrika

Ek wil jou uniekheid kan waardeer 🌹

Tweerigting Pasmaat

?%

Sluit aan en skep jou gratis profiel vandag nog om te sien hoe goed jy by hom pas, en honderde meer.

Sluit nou aan

Aanlyn: Maandag

Verander: 11 Maart 2024

Selfoonnommer Geverifieer

In sy eie woorde...

Oor Hom

Ek en n vrou se handsak het iets in gemeen - ek het ook iets van als in..!!
Ons sal lank daaroor kan gesels - ek is n beesboer en afslaer - maar kom ek som myself bietjie meer op:

As ek in die regte geselskap is kan ek die lagspiere laat fiks raak met my sin van humor - dis my passie om mense te laat lag.

En netso, slaan ek oor na die ernstige persoon in my - dan hou ek 'n skouer vir iemand wat vertroosting nodig het - of my ore staan spits soos n Foksterrier s'n om te kan luister - of ek deel bietjie wysheid en goeie raad.
'N man is nie 'n klip nie, en 'n boer is nie 'n boomstomp nie - hier binne is n hart van liefde en romanse! Dis nie iets om vir myself te hou nie..!

Ek is standvastig en glad nie 'n swerwer nie. Integriteit, my beginsels, en dissipline, is dinge wat ek hoog ag. Ek is hardwerkend en gemotiveerd om my dagtaak met passie en trots te doen. Daarby hou ek van netheid, op myself en die omgewing om my.

Rugby-kyk is nie iets waarvoor ek moeite doen nie, tensy ons as vriende dit saam doen. Ek kan nie stilsit terwyl die son nog skyn nie - die rooimiere pla! Ek wil aktief wees - die veld deur stap met 'n brak op my hakke en geweer oor die skouer, 'n lekker gewillige ryperd opsaal (selfs op n maanlig nag - dis n belewenis), gaan bergfiets ry vroegoggend of son-onder, of die week se stres oor 'n naweek op 'n dansbaan gaan uitsweet. Dis als lekker - maar as ek iemand se hand het om vas te hou sal dit eerder spesiaal wees..! Ek sal ander aktiewiteite ook 'n kans gee - oop vir iets nuuts!

Saans is n fliek of n kuiertjie by n stomp-vuur goeie maniere om n dag saam geliefdes af te sluit - kwaliteit-tyd saam. Iets romanties doen - dis 'n lang lys..!

Kosmaak..?? - ja ek kan - ek hou van lekker en gesond eet.

Om af te sluit - doen als met PASSIE - en doen dit wat jy doen goed - bly oop vir iets nuuts!!

Sy Ideale Pasmaat

Daar is baie eienskappe wat meeste vrouens deel - maar jy het iets unieks van jou eie - dis wat jou besonders gaan maak - kom verras my..!

Ek hoop jy wil baie lag, en kan lekker lag! Jy mag 'n gesellige mens wees en ons geselskap van jou kant af ook aan die gang hou. Ek wil jou belangstellings ook deel. Ons gesprekke kan ligtelik wees, romanties, diep en ernstig, sommer 'n bietjie laf ook, intelligent - wat die hart van vol is, loop die mond van oor!

Jou saggeaarde opgewekte persoonlikheid, vriendelikheid en liefde moet uit die hart kom - nie op jou Cv staan nie. 'N mooi persoonlikheid maak my hart warm, dan smelt ek joune met liefde..!

My lewensmaat moet ook my vriend wees saam wie ek dinge kan doen - dis juis die saam-doen wat ons na aan mekaar hou. Kyk na my aktiwiteite, maar ek sal ook na joune kyk. Natuurlik sal ons mekaar vryheid gee om afsonderlike dinge ook te doen.

Ek waardeer n netjiese vrou - wees vroulik, skep 'n tuiste van 'n huis, boer met blomme in die tuin - ja kleur die lewe in!

Die lewe kan soms soos 'n haaspadjie loop - dis die lewe - maar saam kan ons dit met liefde en geloof deurmaak.

Ons sal van mekaar ontvang en vir mekaar gee, sonder om mekaar af te skeep of te benadeel - kom ons vul mekaar aan..!!

"'N goeie man maak 'n goeie vrou - 'n goeie vrou maak 'n goeie man"

Wat Sy Vriende Sê

Jakkals het nog nie enige aanbevelings van vriende af nie.

Oor Hom

Land van Oorsprong:
Suid-Afrika
Ligging:
Bultfontein, Vrystaat, Suid-Afrika
Geslag:
Manlik
Ouderdom:
39
Sterreteken:
Boogskutter
Lengte:
175cm (5' 8.9")
Liggaamstipe:
Gemiddeld
Uiterlike:
Bo-gemiddeld
Haarkleur:
Donkerbruin
Oogkleur:
Blou
Ras:
Blank / Kaukasiese
Huistaal:
Afrikaans
Ander Tale:
Engels
Geloof:
Christen / Protestant
Verhoudingstatus:
Enkellopend
Opsoek na:
Aktiwiteitsmaats; Vriende; Oop vir moontlikhede; Korttermyn; Langtermyn; Huwelik
Het Kinders:
Nee
Wil Kinders Hê:
Ja
Daaglikse Dieet:
Eet gesond
Rookgewoontes:
Nieroker
Drinkgewoontes:
Niedrinker
Geleerdheid:
Baccalaureusgraad
Beroep:
Landbou
Inkomste:
Genoeg

Sy Ideale Pasmaat

Land van Oorsprong:
Enige plek in die Wêreld
Ligging:
Enige plek in Suid-Afrika
Geslag:
Vroulik
Ouderdomskaal:
25 - 40
Sterreteken:
Enige
Lengte:
144cm (4' 8.7") - 178cm (5' 10.1")
Liggaamstipe:
Slank; Gemiddeld; Atleties; Kurwes op die regte plekke
Uiterlike:
Baie Aantreklik; Bo-gemiddeld; Gemiddeld; Aantreklik
Haarkleur:
Enige
Oogkleur:
Enige
Het 'n Foto:
Glad nie belangrik nie
Ras:
Blank / Kaukasiese
Huistaal:
Afrikaans
Ander Tale:
Enige
Geloof:
Christen / Protestant; Christen / Ander
Verhoudingstatus:
Enkellopend; Geskei
Het Kinders:
Enige
Wil Kinders Hê:
Enige
Daaglikse Dieet:
Eet meeste kosse; Eet gesond
Rookgewoontes:
Nieroker
Drinkgewoontes:
Niedrinker; Sosiale drinker
Geleerdheid:
Enige
Beroep:
Enige
Inkomste:
Genoeg; Gemaklik
  • Glad nie belangrik nie
  • Effens belangrik
  • Redelik belangrik
  • Oorwegend belangrik
  • Nieonderhandelbaar

Meer Oor Hom

Nog Fisiese Karaktereienskappe
Haarstyl:
Kort
Sig:
Ek het perfekte sig
Gesigshare:
Ek is skoongeskeer
Liggaamshare:
Lig
Gestremdhede:
Ek het geen
Liggaamskuns:
Ek het geen
Persoonlikheid
Sin vir Humor:
Skerp sin vir humor
Intelligensie:
Intelligent
Regeer deur:
Die hart
Partytjie Gedrag:
Meng met almal
Persoonlikheidstrekke:
Gemaklik; Intelligent; Laf; Optimisties; Realisties; Saggeaard; Sarkasties; Skaam; Snaaks; Stabiel; Uitdagend; Versigtig
Gewaardeerde Kwaliteite:
Barmhartigheid; Chemie; Eerlikheid; Geduld; Getrouheid; Goedhartigheid; Hoop; Humor; Matigheid; Meegevoeligheid; Nederigheid; Selfbeheersing; Sensualiteit; Tevredenheid; Toewyding; Verdraagsaamheid; Vergewend; Vriendelikheid
Modebewustheid:
Buitelug (Ek is gewoonlik aangetrek vir die veld)
Gunsteling Kleredrag:
'n Kortbroek & T-hemp
Gunsteling Kleur:
Ander
Ontspanning & Vermaak
Afspraak Aktiwiteite:
'n Piekniek in die park; Uitgaan vir dans; Ontmoet vir koffie; Stap op die strand
Musiek Voorkeure:
Alternatief; Country & Western; Dans / Disko; Gospel / Geestelik; Volk
Lees:
Ek geniet dit
TV Gewoontes:
Ek gebruik my televisie net vir nuus of sport
TV Programme:
Aksie / Avontuur; Buitelug / Natuurlewe; Dokumentêr; Dramas; Fliekkanale; Komedie / Sitkom; Musiekkanale; Nuus; Opvoedkundig; Realiteitsprogramme; Veelsydigheidsprogramme
Fliek Gereeldheid:
Af-en-toe of ongereeld
Fliek Voorkeure:
Aksie; Dokumentêr; Drama; Komedie; Oorlog; Romanties; Westerse
Belangstellings:
Gesonde leefstyl; Musiek Maak
Sport Betrokkenheid:
'n Aktiewe deelnemer
Sport:
Aërobiese oefeninge; Bergfiets; Dans; Fietsry; Gewigsoefeninge; Jag; Kampering; Perdry; Skietsport; Snorkelduik; Stap; Swem; Tennis
Kos
Kook:
Ek kook eerder as om honger te ly
Kookkuns:
Maak nie saak nie; Suid-Afrikaans
Uiteet:
Ek eet net op spesiale geleenthede uit
Dieetbeperkings :
Ek het geen
Meer Leefstyl
Lewenspas:
Georganiseerd
Tyd by die Werk:
Ek werk 'n standaard 40-uur week
Tydverdryf keuses:
Tyd spandeer in die buitelug
Tyd Aanlyn:
Ek loer een keer per dag in
Gebruik Dwelms:
Nooit
Familie Grootte:
Ek het susters
Familie Nouheid:
Ons is baie geheg
Verhoudingstipes:
Ek is net enkellopend
Gewillig Om Te Verhuis:
Ek is buigsaam
Voorkeure & Afkeure
Diere:
Ek hou van diere
Troeteldiere (Het):
Hond(e); Perd(e)
Prikkels:
Dans; Flankering; Intelligensie; Liefde toon in die publiek
Die Diep Goed
Werk Verwagtinge:
Nuwe, meer betekenisvolle werk vind
Godsdienstige Bywoning:
Een keer per week
Droomhuis:
'n Huisie in die platteland
Politiek:
Ek het geen belangstelling in politiek nie
Aftreeplanne:
Die 7 Wonders van die Wêreld verken
Gevoel omtrent die gebruik van Opsitkers:
Nuuskierig; Optimisties
Eerlikheid:
Baie