ViletteVilette
8

Vilette

61 – Kimberley, Noord-Kaap, Suid-Afrika

Dans is nie per geleentheid nie, maar elke keer as jy naby my is// Dance with me

Tweerigting Pasmaat

?%

Sluit aan en skep jou gratis profiel vandag nog om te sien hoe goed jy by haar pas, en honderde meer.

Sluit nou aan

Aanlyn: Meer as 6 maande gelede

Verander: Meer as 6 maande gelede

Selfoonnommer Geverifieer

In haar eie woorde...

Oor Haar

Smorens wanneer ek opstaan is ek bewus van die mooi in my tuin. Die Jasmyn en Katjiepiering is vreugdes wat my hart vul. 'n Mandjievol grenadellas met suurlemoene gepluk in my tuin wil ek graag met 'n maat deel. Stillesit op die stoep met 'n koppie koffie in die oggend en 'n boek om te lees is oggendlekkertes waarin ek my verkneukel. Skemertyd groet ek die son en verwelkom die maan om sy sterre te bring. Wanneer die nagkombers die nag toevou is ek tevrede oor dit wat die dag op my tafel gedek het. Ek knik en seg dankie vir elke geskenk van mooi. Vir ontspanning lief ek dit om te skryf, te skilder en in die tuin te vroetel.

Kosmaak is 'n vriende of familievreugde waar almal bymekaar sit en die vreugde van kos saam geniet.
Ek hou nie van skanse, oneerlikheid of stilstuipes nie. As daar 'n kwessie is, wil ek dit graag op 'n mooi manier uitpraat. Wat jy by my sien, is wat ek is. Ek sou graag dieselfde in 'n maat wil sien - eerlikheid en die moed om te wys wat in jou hart is. My verhouding met die Here is belangrik en ek wil dieselfde in my maat ervaar. Wanneer die sonsondergang mooi geverf teen die aanskemer sit, deel ek graag met vrymoedigheid die feit dat ek die Here se skilderhand daarin sien.

Pronkertjies waai baldadig hul geur vemore
in die reenwind
Icebergs blom
Lemon Verbena se parfuumblare kom geurig na vore op elke tak
Ek pluk bossiesvol en plaas spatsels daarvan deur my huis
As jy hier was, het ek jou verras met 'n parfuumbos in my hand

My friends describe me as passionate and exuberant about life
some even say I am too much
one thing I learnt is that I can never be less than I am
Yes, I am exuberant
sometimes calm and peaceful
To be with me you will need to be a strong swimmer
to enjoy who I am
I love honesty and realness
I love to paint and write poetry
I love my garden and reading a great book
I love life and believing the best of people
I believe there is a dream for each one
and love to motivate myself and others to reach inspiring goals

Haar Ideale Pasmaat

Jy wil graag met jou hande skep en mooimaak. Jou gedagtes is besig met dit wat mooi en 'n inspirasie is. Jy wil graag soos ek die tango leer dans. Jy glo dat leuens maskers is, dat trou ewig saam en oudword is. Jy weet dat dans nie per geleentheid is nie, maar sommer net elke keer wanneer jy die nabyheid van my liggaam voel. Jy verstaan dat reis 'n moet is. God is jou God en die Woord is stukkies brood om te soek en te breek en te eet. Jy omarm die mooi van die lewe en waardeer elke blom en vreugde wat jou pad so ongesiens kruis. Jy respekteer alle mense en weet dat elke een verdien respekvolle hantering. Jy is op soek na 'n maat wat jou lewe verryk en iemand wat saam met jou die lewe kan omarm.
I love a man who can work with his hands. Who love to create beauty with me. Someone who understands that gentleness is a strength. I would love you to be honest and truthful. A man who understands that faithfulness is a given.

Wat Haar Vriende Sê

Vilette het nog nie enige aanbevelings van vriende af nie.

Oor Haar

Land van Oorsprong:
Suid-Afrika
Ligging:
Kimberley, Noord-Kaap, Suid-Afrika
Geslag:
Vroulik
Ouderdom:
61
Sterreteken:
Weegskaal
Lengte:
156cm (5' 1.4")
Liggaamstipe:
Kurwes op die regte plekke
Uiterlike:
Baie Aantreklik
Haarkleur:
Blond
Oogkleur:
Grys
Ras:
Blank / Kaukasiese
Huistaal:
Afrikaans
Ander Tale:
Engels
Geloof:
Christen / Protestant
Verhoudingstatus:
Enkellopend
Opsoek na:
Net aanlynvriende; Aktiwiteitsmaats; Vriende; Oop vir moontlikhede; Langtermyn; Huwelik
Het Kinders:
Ja, bly nie by my nie
Wil Kinders Hê:
Nee
Daaglikse Dieet:
Eet gesond
Rookgewoontes:
Nieroker
Drinkgewoontes:
Sosiale drinker
Geleerdheid:
PhD / Nadoktorale
Beroep:
Uitvoerende Bestuur / Bestuur
Inkomste:
Genoeg

Haar Ideale Pasmaat

Land van Oorsprong:
Enige plek in die Wêreld
Ligging:
Enige plek in die Wêreld
Geslag:
Manlik
Ouderdomskaal:
57 - 65
Sterreteken:
Enige
Lengte:
160cm (5' 3.0") - 210cm (6' 10.7") of langer
Liggaamstipe:
Gemiddeld; Atleties; Groot
Uiterlike:
Aantreklik
Haarkleur:
Enige
Oogkleur:
Amandelbruin; Blou; Blou-Groen; Bruin; Groen; Grys
Het 'n Foto:
Oorwegend belangrik
Ras:
Blank / Kaukasiese
Huistaal:
Afrikaans; Engels; Frans; Hebreeus; Italiaans; Nederlands
Ander Tale:
Afrikaans; Engels; Frans; Hebreeus; Italiaans; Nederlands; Spaans
Geloof:
Christen / Katoliek; Christen / Protestant; Christen / Ander; Joods; Geestelik maar nie godsdienstig nie
Verhoudingstatus:
Enkellopend; Geskei; Wewenaar / Weduwee
Het Kinders:
Ja, bly nie by my nie
Wil Kinders Hê:
Nee
Daaglikse Dieet:
Eet meeste kosse; Eet gesond
Rookgewoontes:
Nieroker
Drinkgewoontes:
Sosiale drinker
Geleerdheid:
PhD / Nadoktorale
Beroep:
Kunstig / Musiek / Skrywer; Uitvoerende Bestuur / Bestuur; Afgetree; Eie Onderneming; Onderwyser / Professor; Tegnies / Wetenskaplik / Ingenieurswese; Landbou
Inkomste:
Gemaklik; Ryk
  • Glad nie belangrik nie
  • Effens belangrik
  • Redelik belangrik
  • Oorwegend belangrik
  • Nieonderhandelbaar

Meer Oor Haar

Nog Fisiese Karaktereienskappe
Haarstyl:
Kort
Sig:
Ek dra bril
Gestremdhede:
Ek het 'n kroniese siekte
Liggaamskuns:
Gaatjies in ore
Persoonlikheid
Sin vir Humor:
Skerp sin vir humor
Intelligensie:
Intelligent
Regeer deur:
Die hart
Partytjie Gedrag:
Meng met almal
Persoonlikheidstrekke:
Ekstrovert; Gemaklik; Intelligent; Naïef; Optimisties; Saggeaard; Snaaks; Wild & Uitbundig
Gewaardeerde Kwaliteite:
Eerlikheid; Geduld; Getrouheid; Goedhartigheid; Hoop; Humor; Meegevoeligheid; Nederigheid; Selfbeheersing; Selibaat; Sensualiteit; Tevredenheid; Toewyding; Verdraagsaamheid; Vergewend; Vriendelikheid
Modebewustheid:
Uniek (Ek is stylvol op my eie manier)
Gunsteling Kleur:
Blou
Ontspanning & Vermaak
Afspraak Aktiwiteite:
'n Fliek; 'n Musiekkonsert; 'n Piekniek in die park; Aandete by 'n restaurant; Uitgaan vir dans; Teater toe gaan; Ontmoet vir koffie; Stap op die strand
Musiek Voorkeure:
Broadway / Teater; Country & Western; Klassiek; Latyns; Opera
Boeke:
(Outo)biografieë; Fantasie; Fiksie; Reis; Selfhelp; Wetenskapsfiksie
TV Gewoontes:
Ek kyk weekliks 'n paar gunsteling programme
TV Programme:
Fliekkanale
Fliek Gereeldheid:
Een of twee keer per maand
Fliek Voorkeure:
Drama; Kunsflieks; Misterie; Romanties; Wetenskapsfiksie
Belangstellings:
Beeldhoukuns; Boeke skryf; Fotografie; Gedigte skryf; Gesonde leefstyl; Houtwerk; Joga; Kookkuns; Lees; Meditering; Naaldwerk; Pottebakkery; Skilder; Toneelspel; Tuinmaak
Sport:
Dans; Fietsry; Perdry; Stap; Swem; Tennis; Vlieg / Sweefvlieg
Kos
Kook:
Ek hou baie van kook
Kookkuns:
Frans; Fynproewer Uitetes; Grieks; Italiaans; Maak nie saak nie; Suid-Afrikaans
Uiteet:
Ek eet 'n paar keer per maand uit
Dieetbeperkings :
Ek het geen
Meer Leefstyl
Lewenspas:
Georganiseerd
Tyd by die Werk:
Ek werk 'n standaard 40-uur week
Tydverdryf keuses:
Boeklees
Tyd Aanlyn:
Ek loer een keer per dag in
Gebruik Dwelms:
Nooit
Familie Grootte:
Ek het 'n broer
Familie Nouheid:
Ons is baie geheg
Verhoudingstipes:
Ek is net enkellopend
Gewillig Om Te Verhuis:
Ek sal dit oorweeg
Voorkeure & Afkeure
Diere:
Ek's lief vir my troeteldier(e)
Troeteldiere (Het):
Hond(e)
Troeteldiere (Hou van):
Voël(s); Visse; Perd(e)
Troeteldiere (hou nie van nie):
Kat(te); Eksotiese dier(e); Reptiel(e); Knaagdier(e)
Prikkels:
Selfgeldend; Dans; Flankering; Intelligensie; Liefde toon in die publiek; Naakbaai; Rykdom
Afsitters:
Liggaamsdeurboring(s); Erotika; Langhare; Mag; Sarkasme; Sensasiesoeker
Die Diep Goed
Werk Verwagtinge:
Ek het reeds my ideale werk
Godsdienstige Bywoning:
Een keer per maand
Droomhuis:
Strandhuis
Politiek:
Ek het geen belangstelling in politiek nie
Aftreeplanne:
Die wêreld deurreis met 'n rugsak
Gevoel omtrent die gebruik van Opsitkers:
Hoopvol; Nuuskierig; Optimisties; Opgewonde
Eerlikheid:
Uiters