In haar eie woorde...
Oor Haar
Met die vyftigs amper agter my rug, staar die sestigs my in die gesig…….. Die leë nes sindroom, het my hard getref nadat my jongste dogter, ook die nes verlaat het! Ek het net tot die besef gekom, dat die mens (wel ek vir een) nie gemaak is, om alleen oud te word nie! En dat ‘n mens iemand nie kan leer ken, werklik leer KEN, sonder om van aangesig tot aangesig te ontmoet nie! Persepies is gevaarlik en onjuis. Ek soek my SIELSMAAT alhoewel nog lank nie desperaat.
Ek glo met my hele hart dat elke mens geregtig is om geliefd te word en om lief te hê! Om saam die OU-DAG in geloof in te gaan. Saam aan ons welverdiende aftrede te beplan. Sy aan sy, hand aan hand!
Indien jy ernstig is en nie op hierdie platvorm as ‘n “SCAMSTER” optree nie, is jy welkom om te flikvlooi! Kommunikasie is vir my baie belangrik! Beste kans wat jy ooit sal vat! Leer my ken - jy kan net wen! Om dividende in my hart te belê, mag dalk net die beste belegging van jou lewe wees!
Haar Ideale Pasmaat
Ken jy God? Ken Hy jou? Oordeel jy vinnig en nou?
Is jy iemand wat weet wat jy wil hê? Het jy ‘n goeie werksetiek? Is jou dag- en aand praatjies dieselfde?
Kan jy gemeensame stilte om ‘n bosveldvuurtjie waardeer? Stille vreedsaamheid in mekaar se teenwoordigheid is ‘n luukse.
Ek soek my Boas van ouds, wat vir Rut op die koringlande voorsien het! (Nie net finansiëel nie, maar ook emosioneel) Ek is wel finansiëel onafhanklik.
Iemand wat kan deel in my vreugdes, drome en geluk. En ek in joune. Hou jy daarvan om bederf te word? Ook te kan “pay it FORWARD”
Ek wil graag weer vir die spesiale een, sy gunsteling ete berei. (Met ‘n poering op Klein Saterdag en Sondag) Ek wil graag, na agt jaar, se alleen braai, die braaitang in bekwame hande oorgee… sal steeds nog - volgens jou voorkeur - die braaibroodjies maak! Ek wil weer die tafel vir twee dek!
Weer vir een ‘n goeie nagrus toewens, môreoggend se oordenking deel. Wil weer my dag se doen en late met jou deel! Na jou hoogte en laagte punte luister! Naweke, vakansie wegbreke saam te beplan en te onderneem.
Trots kan wees om jou aan my hartsmense voor te stel.
Positiewe lewensuitkyk is ‘n keuse! Geen leuenaar! Is jou WOORD nog jou EER?
Jy moet EEN vrou se man kan wees! Iemand wees wat net so maklik liefde kan uitdeel as wat jy kan ontvang. Die geestelike leier van ons huis wees.
Is JY gereed vir die “Real McCoy?” Ek word dalk nog JOU nooi!
Wat Haar Vriende Sê
VOLKOMEVREDE66 het nog nie enige aanbevelings van vriende af nie.
Oor Haar
Land van Oorsprong: |
Suid-Afrika | |
Ligging: |
Potchefstroom, Noord-Wes, Suid-Afrika | |
Geslag: |
Vroulik | |
Ouderdom: |
59 | |
Sterreteken: |
Bul | |
Lengte: |
160cm (5' 3.0") | |
Liggaamstipe: |
'n Paar ekstra kilo's | |
Uiterlike: |
Aantreklik | |
Haarkleur: |
Donkerblond | |
Oogkleur: |
Groen | |
Ras: |
Blank / Kaukasiese | |
Huistaal: |
Afrikaans | |
Ander Tale: |
Engels | |
Geloof: |
Christen / Protestant | |
Verhoudingstatus: |
Geskei | |
Opsoek na: |
Vriende; Oop vir moontlikhede; Korttermyn; Langtermyn; Huwelik | |
Het Kinders: |
Ja, bly nie by my nie | |
Wil Kinders Hê: |
Nee | |
Daaglikse Dieet: |
Eet meeste kosse | |
Rookgewoontes: |
Nieroker | |
Drinkgewoontes: |
Sosiale drinker | |
Geleerdheid: |
'n Bietjie Universiteit / Kollege | |
Beroep: |
Onderwyser / Professor | |
Inkomste: |
Gemaklik |
Haar Ideale Pasmaat
Land van Oorsprong: |
Enige plek in die Wêreld | ||
Ligging: |
Enige plek in Suid-Afrika | ||
Geslag: |
Manlik | ||
Ouderdomskaal: |
59 - 67 | ||
Sterreteken: |
Enige | ||
Lengte: |
166cm (5' 5.4") - 180cm (5' 10.9") | ||
Liggaamstipe: |
'n Paar ekstra kilo's; Stewig | ||
Uiterlike: |
Bo-gemiddeld; Gemiddeld; Aantreklik | ||
Haarkleur: |
Enige | ||
Oogkleur: |
Enige | ||
Het 'n Foto: |
Redelik belangrik | ||
Ras: |
Blank / Kaukasiese | ||
Huistaal: |
Afrikaans; Engels | ||
Ander Tale: |
Enige | ||
Geloof: |
Christen / Protestant | ||
Verhoudingstatus: |
Geskei; Wewenaar / Weduwee | ||
Het Kinders: |
Ja, bly nie by my nie | ||
Wil Kinders Hê: |
Nee | ||
Daaglikse Dieet: |
Eet meeste kosse | ||
Rookgewoontes: |
Nieroker | ||
Drinkgewoontes: |
Niedrinker; Sosiale drinker | ||
Geleerdheid: |
'n Bietjie Universiteit / Kollege; Tegniese Diploma; Associatesgraad | ||
Beroep: |
Enige | ||
Inkomste: |
Genoeg; Gemaklik; Ryk |
- Glad nie belangrik nie
- Effens belangrik
- Redelik belangrik
- Oorwegend belangrik
- Nieonderhandelbaar
Meer Oor Haar
VOLKOMEVREDE66 moet nog hierdie afdeling se opsionele vrae beantwoord: meer oor haar.